
=====================================================================
Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters

  Annatjie Louw berig van die gedugte tweemanskap wat die Bybel vir die Boesmans in Namibi in hul eie Gobabis-Kung vertaal het en nou op 
band vasl.   LANK gelede toe motorkarre nog heel skaars was in Namibi se Gobabis-distrik moes die Boesman   [*] -plaaswerker mnr. Sisawa 
Abuse naweke sy werkgewer se twee kinders met 'n donkiekarretjie by die kosskool gaan haal. Die steeks donkies het gemaak dat hierdie ritte 
ure lank geduur het. Hy en die tweestuks Breggie en Petrus kon dan lank gesels. "Hulle het baie vir my ges 'jy moet leer dat jy ook kan 
lees' -- dan wys hulle my die ABC in hul skoolboeke," vertel mnr. Abuse vandag.

Mettertyd kon hy die letters van die alfabet self uitken; soms op stukke papier wat hy op die grond kry rondl het. Algaande het hy op 
hierdie manier self leer lees.

Baie jare later het daar weens di moeilik verworwe leesvermo van hom 'n sonderlinge verbintenis ontstaan tussen mnr. Abuse en ds. Flip 
van der Westhuizen van die Gereformeerde Kerk; een wat oor dekades sou strek en wat sou uitloop op die vertaling van die volledige Bybel in 
Gobabis-Kung.

Ds. Van der Westhuizen het ho agting vir sy vertaalmaat. "Toe ek in 1967 sendingpredikant op Gobabis geword het, is met die beplanning van 
die Bybelvertaling in Gobabis-Kung begin op inisiatief van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Mnr. Abuse was die kerktolk en moes dikwels 
Bybel-dele van Afrikaans na Gobabis-Kung tolk. Hy was al Boesman in die distrik met leeskennis. Ons twee se vertaalvennootskap het daar en 
toe begin. Wat k nog gekort het, was om Boesman te leer en 'n Kung-skryfwyse te kry..."

Die jare wat dit hom en mnr. Abuse gekos het om die ganse Bybel te vertaal kan hy tel, s ds. Van der Westhuizen, maar nie die vertaal-ure 
nie. Ook nie die ure wat dit hom gekos het om by mnr. Abuse Boesman te leer praat nie. "Pleks dat ek soos 'n kind geleer het deur bloot 
agterna te praat sonder om te weet hoekom," s ds. Flip spytig, "het ek gedurig grammatika-rels gesoek. Nietemin. Vandag, danksy hom, 
praat ek Gobabis-Kung."

Daar was nie destyds 'n ortografie vir Kung nie en ds. Van der Westhuizen moes maar self 'n skryfwyse vir die moeilike klap- en ander 
klanke prakseer. In samewerking met die destydse Taalburo van die Departement van Nasionale Opvoeding in Namibi het hy 'n vereenvoudigde 
skryfwyse ontwikkel wat in 1986 aanvaar en 'n jaar later gepubliseer is as "Zjuc'hta-ortografie No.2, Boesman-Kungtaal".

"Aanvanklik het mnr. Abuse en ek woord vir woord, sinsnede vir sinsnede vertaal. Ek sou bv. voorlees en dan tolk hy dit op band. 'n 
Sonbattery het krag aan die bandmasjien verskaf en di het dan dikwels in die skaduwee die gees gegee. Agterna moes ek dit wat mnr. Abuse 
getolk het, per hand moeisaam oorskryf ... Die rekenaar was 'n uitkoms. Ek het 'n program geskryf waarmee ek die Kung-klanke kon weergee en 
later, met die meer gesofistikeerde rekenaars, het dit nog makliker geword."

Ds. Van der Westhuizen praat ligweg heen oor die reusetaak van Kung-woorde soek vir die baie Bybelse woorde en uitdrukkings wat totaal 
vreemd is aan die leefwreld van die Boesmans. "Mnr. Abuse en ek moes maar koppe bymekaar sit om die moeilik vertaalbare stukke om te sit 
in Kung. Gelukkig val die klem deesdae meer op betekenis as op die letterlike vertaling van die Bybel. Ek stem daarmee saam, maar moes met 
hierdie vertaling 'n middeweg volg. 'n Vertalingskonsultant het bv. aangeraai dat ek 'olyfboom', onbekend by die Boesmans, moet vertaal met 
'kameeldoringboom'. Maar so maklik was dit ook nie: sekere eienskappe kom nie voor by die kameeldoringboom nie."

Toe die vertaling self voltooi is, het daar nog 'n steil opdraand voorgel: die Kung-Bybel moes tot by die Boesmans geneem word en 
aangesien soveel Boesmans nog nie kan lees nie, is 'n ander plan gemaak: 'n klank-Bybel. Drie jaar tevore is 'n eerste bandjie opgeneem. 
Di het ds. Van der Westhuizen en mnr. Abuse gaan toets op 'n groepie Boesmans by hul veldskuiling. Die Boesmans het aandagtig geluister en 
dit duidelik verstaan en gewaardeer. Die bandjie is ook getoets op 'n katkisasieklas van skoolkinders in Tsumkwe. "Die onderwyseres het 
gewaarsku dat die kinders baie woelig sou wees, maar moenie glo nie! Hulle het doodstil gesit en luister na Genesis en begin lag en gesels 
onder mekaar by die gedeelte van die slang in die paradys."

Intussen is die vertalingsprojek oorgeneem deur die Gereformeerde Kerk in Windhoek. Die klankwerk het in die helfte van 1997 begin en word 
hoofsaaklik gedoen op die Gobabis-plaas Hennopsrus, waar mnr. Abuse tuinwerker is. Soms ook moet mnr. Abuse inry na Windhoek, waar ds. Van 
der Westhuizen nou woon. Van die beplande 75 bande van 90 minute elk is reeds 58 voltooi: Die Ou Testament tot by Jeremia 1, en die Nuwe 
tot by Hebrers 10.

Die klankopnames word in 'n nederige sinkplaatkamertjie gemaak waar ander plaasgeluide uitgeskakel kan word. Eers lees ds. Van der 
Westhuizen voor en dan herhaal mnr. Abuse. Dikwels oefen mnr. Abuse eers 'n sin 'n paar keer voordat dit opgeneem word. "Dis stadige en 
uitputtende werk. Ons lees 'n driekwartier, rus 'n kwartier," s ds. Van der Westhuizen. "Mnr. Abuse se leeswerk is 'n prestasie. Hy is 
reeds 67 jaar oud, maar praat mooi duidelik."

Die klankwerk, wat in Desember voltooi moet wees, is 'n duur oefening. Dit word gefinansier deur die Gereformeerde Kerk, maar individue het 
ook al gehelp sowel as gemeentes en vroue-aksies. Daar is wye belangstelling vir die bande wat reeds beskikbaar is. Kung het vier dialekte, 
verduidelik ds. Van der Westhuizen: Gobabis, Tsumkwe, Maroelaboom en Ekoka. Die Gobabis-Kung-groep is die grootste. Die Kung-groepe kan 
mekaar in 'n groot mate onderling verstaan. Ds. Van der Westhuizen kan bereik word by tel. 0926461-231297 of Posbus 3638, Windhoek. E-pos: 
Filwes@iafrica.com.na     [*] "From the late 1960s or early 1970s, two cover terms for the Bushmen have been in constant competition: 
'Bushmen' and 'San'... Both terms are in general use among scholars ... Today, 'Bushmen' is not, or at least very rarely, used 
pejoratively, this being dependent on the attitudes of the user rather than the term itself. The term 'San', on the other hand, bears 
almost exclusively a derogatory connotation in colloquial Khoekhoegowab." J.F. Maho , 1998:108. Few people, many tongues. The languages of 
Namibia. Annatjie Louw is korrespondent van Die Burger in Namibi.
---------------------------------------------------------------------
Hier is 'n voorbeeld van die groot taak wat die twee vertalers verrig het, 'n gedeelte van Psalm 23 in Gobabis-Kung en in Afrikaans.

X'EIGA tsi ku q?i mi -- Windhoek, 1995

Ghee Ts'iya o Dawid gha
X'EIGA tsi ku q?i mi ?oa ghuu q?i
gao te mi tsi coa tta tjincui.
Ha ku n?i sj mi koo 'msisa c?u.
Ha tsi kgaetsiya mi koo
gqua khosi ku qeu.
Ha ku na sjete koo gcao ze.
Ha ku qoa mi koo nqama zj,
khama Ha tsi o Ha zj.


Die Here is my herder -- 1933-vertaling

'n Psalm van Dawid
Die Here is my herder
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerl in groen weivelde
na waters waar rus is,
lei Hy my heen.
Hy verkwik my siel
Hy lei my in die spore van geregtigheid
om sy Naam ontwil.


Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av633.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

